Eenheid in die Liggaam van Christus

Lesing 13

Die kerk is een liggaam met baie lede, wat uit elke nasie, stam en taal en volk geroep word. In Christus is ons ‘n nuwe skepping; onderskeiding tussen ras, kultuur, geleerdheid en nasionaliteit, en verskille tussen hoog en laag, ryk en arm, man en vrou, moet nie verdeeldheid tussen ons bring nie. Ons is almal gelyk in Christus, wat ons deur een Gees saamgebind het in een gemeenskap saam met Hom en met mekaar; ons moet dien en gedien word sonder partydigheid of voorbehoud. Deur die openbaring van Jesus Christus in die Skrifte deel ons dieselfde geloof en hoop, en reik ons die hand in een getuienis aan almal. Hierdie eenheid het sy bron in die eenheid van die Drie–enige God, wat ons as Sy kinders aangeneem het. – “Fundamentele Leerstellings,” 13.




Net soos ons Here, die Seun van die mens, ‘n broer vir elke seun en dogter van Adam geword het, so word ons, Sy volgelinge, geroep om ons broers en susters uit “alle nasies en stamme en tale en volke” (Openb.14:6) met een gesindheid die hand te reik. Is dit U besluit?