Die Wederkoms van Christus

Lesing 24

Die Wederkoms van Christus is die salige hoop van die kerk, die grootste klimaks van die evangelie. Die Heiland se koms sal letterlik wees, persoonlik, sigbaar en wêreldomvattend. Met Sy terugkeer sal die regverdige dode opgewek word en saam met die regverdige lewendes verheerlik en na die hemel geneem word, terwyl die onregverdiges sal sterf. Die bykans volkome vervulling van die meeste reekse profesieë, saam met die huidige wêreldtoestande, dui daarop dat die koms van Christus op hande is. Die tyd vir daardie gebeurtenis is nie geopenbaar nie, en ons word daarom gewaarsku om te alle tye gereed te wees . “Fundamentele Leerstellings,” 24.




Die Verlosser se wederkoms voer die geskiedenis van die kinders van God tot ‘n heerlike klimaks. Dit is die oomblik van hul verlossing, en met vreugde en aanbidding roep hulle uit: “Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos...laat ons juig en bly wees oor Sy hulp” Jes. 25:9